Winner: Silver Pendoring & Craft Certificate in Writing
Die Afrikaanse weergawe hier is selfvertaal.
Die Werk

Ry, Dammit!
Tot hier toe en nie verder nie. Klaar! Ure van my liewe lewe verlore aan sieldodende stilstaande verkeer. Net omdat ’n onnosele gekoopte lesensie die verkeerslig wil saamsleep werk toe. Klaar met die teistering van ’n Vrydagmiddag verkeersophoop. Of eintlik, enige middag. En die somer met gebreekte lugversorging! Voel jy sweet warm bier. Praat van somer, al ooit probeer parkeer naby die strand? Frustreerend genoeg om te wens vir ’n haelstorm! Ai, en daai blerrie agterruit plakkers. Great, jy het tien katte. Moet jy nie vinniger ry om hulle te gaan voer of iets nie? Ek wil nie eers dink aan die petrol prys nie. ’n Naweek alleen kamp saam met skoonma is ’n beter gedagte. En die kersie op die koek: taxis. Mens noem dit ’n flikkerlig, poephol!
Natuurlik, kan jy altyd ’n Vespa kry. Gryp net jou sleutels enjy is weg. In ’n oogwink. Verby die ry karre langer as ’n Kerssangdiens na twee liter water. Vermy die knaterflater by die verkeerslig-vierrigtingstop-oud-rugbyspeler-kroeggeveg met die draai van jou gewrig. Tjoef- tjaf. Die warm sonnetjie bak weer geluk terug in jou siel. Terwyl die wind (want haai, jy beweeg nog) jou afkoel. Jy voel jouself glimlag. Na ’n pynlose draai by die garage, is jy en jou vol tenk weer op die pad. Met kleingeld wat in jou gatsak rondkletter. Kyk daai oorwinnings-oogknip in die chroom kantspieëltjie. Hoekom dan nou nie? Op aankoms parkeer jy. Sommer netso.
As jy uiteindelik besef jy kan nie ’n verderer oomblik in ’nvierwielmartelkamer verduur nie, wag daar ’n vooraf geliefde Vespa vir jou. Kom nou, jy het al genoeg tyd gemors.